Nuwe hoop en drome

“Find something you love to do, then live a life that shows it. Your goals should stem from your values and then your work will radiate your heart’s desire.” – Bettie B. Youngs.

Nouja, Bettie B is ‘n slim vrou en sy weet waarvan sy praat. Ek lees haar woorde vanoggend raak nog voor die hane kraai en ek maak dit my eie. “Find something you love to do…” Maklik. Ek “love” baie dinge: tuinmaak, (maar dis nou winter en die tuin is bruin) skryf, (ek is besig daarmee!;-)) skilder. O, skilder!! Die lekkerste van almal.

Ek kon dit weer regkry om te begin skilder nà Chris se dood. En ek is dankiebly daaroor. Ek skilder met meer emosie, ek skilder met geheel my hart, ek skilder bome en wolke. Veral wolke. Die hemel. Ek wonder hoe is dit in die hemel. Ek wonder of hy my sien van daar bo af.

Ek skilder myself vas op die een doek nà die ander. Dit verskaf soveel genot. Dit vou soos ‘n trooskombers oor my skouers. Dit help. Dit maak my weer bietjie baie bly. Mag my werk tot seën vir ander ook wees.  Mag dit my diepste verlangens en vreugdes uitstraal soos Bettie B sê. Sy wéét mos waarvan sy praat!
1-001.JPG
1-001

1-001

Advertisements

9 thoughts on “Nuwe hoop en drome

  1. Ek voel dat as ń predikant uit sy eie getuienis, sy eie “revelation knowledge” uit deel, is dit nie ń blote preek nie. Dieselfde met skilder. Doen jy dit met emosie, uit jou hart uit, sien die een wat kyk ook op ń ander vlak. Dis pragtig gedoen.

    Liked by 2 people

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s