Klein bietjie blou

Jy het na my toe gekom

met jou bondeltjie hartseer,

miskien dalk net, ‘n klein bietjie te veel

vir één om alleen te dra

die een dag nà die ander het oor ons gespoel

jy het die beste wat jy het, vir my gegee –

dis hoe ons saam begin het

en dis hoe ons saam gaan bly

jy het my bietjie vir bietjie geleer van goeie tye

en ek kon die storms weerstaan,

jy het die son oor my laat skyn

my pyn het in jou pyn verdwyn

dit was nie veronderstel om te gebeur nie,

maar jy is oor my pad gestuur

elke dag, elke nag

elke woord wat jy gesê het,

het dit wáár gemaak

elke gedagte wat ek gehad het,

het blydskap in my laat opspring

nou weet ek jy het my gewys

wat ‘n klein bietjie liefde kan doen

jy het my oë geopen

en die Lig het weer in geskyn,

jy het my na plekke gevat

wat ek nie geken het nie –

koebaai aan my klein bietjie blou

jy het my verlange kom stil

en ek skuld jou,

party dae was ek bietjie angstig

ander dae sou ek liewer graag wou vergeet –

jy het my lewe ten goede verander

en ek wéét ek moet jou waardeer

elke nag, elke dag,

elke woord tussen ons het dit bevestig

Koebaai aan my klein bietjie blou

Vaarwel aan my bondeltjie seer

Elizabeth Kendall ©

(met erkenning aan Neil Diamond: “Something blue”)

Something Blue

 

 

Advertisements

2 thoughts on “Klein bietjie blou

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s