C a n t a b i l e (singend)

My lewe is ‘n jubellied

‘n waterstroom, ‘n berg

 

c r e s c e n d o (geleidelik harder)

 

my lewe is ‘n skaduboom,

‘n kwêvoël roep en terg

 

p i a n i s s i m o (baie sag)

 

jou hande vol rosyne

vars pienk daisies – myne

 

a d a g i o (stadig)

 

ons lewe word ‘n avontuur,

skemeraande, dou-voor-dag

 

a l l e g r o (vinnig, lewendig, opgewek)

 

fluisterwoorde in die wind:

bid, ‘n blyweeskind

 

a n d a n t e (op ‘n loopgang)

 

elke nuwe môre

elke nuwe nag

 

p r e s t o (vinnig)

 

lag ons, huil ons

lééf ons

s c h e r z a n d o (skertsend)

 

glo, vertrou en wéét

ons dae lank reeds uitgemeet

 

s e m p l i c e   v i v a c e (eenvoudig, lewendig)

 

Elizabeth Kendall ©

 

Advertisements

One thought on “C a n t a b i l e (singend)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s