Kies om bly te wees

Kleure maak my bly. Die helder oranje van ryp lemoene, liggroen van lente se vars gras, blou in sy verskeidenheid variasies: lig, donker, diep, bleek, sag. Geel soos geil sonneblomme op die land, rooi soos oorle’ Randall se rooirok-dans!

Ek wil kleure meng en spat. Verf en speel. Heeldag, aldag, elke nou en dan. Soos ek kan. Die lekker daarvan maak my hart warm, dit laat my glimlag, lag, skater. Dit gee betekenis aan my lewe. Dit maak ander mense bly!

‘n Vrolike olifant sorg vir ‘n gawe glimlag op jou gesig. Iewers lees ek: “What you think, you become, what you feel, you attract, what you imagine, you create.”

‘n Bestelling! So, so dankbaar! Petrol se prys is op. 😉

Aangespoor deur positiewe kommentaar op facebook, word diĂ© laslappie-kameelperd sommer toe vroeg gebore…..en verkoop! Dankiebly.

“You will only begin to heal if you let go of past hurts. Forgive those who have wronged you and learn to forgive yourself for your mistakes.”

Skep moed om VANDAG die persoon te wees wie jy regtig is. Glo in jouself.

” Don’t let anyone EVER dull your sparkle!”

Advertisements

10 thoughts on “Kies om bly te wees

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s