Poenankies!

‘n Mens kry nie dié woord in ‘n woordeboek nie. Nie hier by my nie. Dis ‘n lekker woord, net so lekker soos kanferfoelie en kafoefel en huppel. Dis ‘n blymaakwoord. As iemand vir jou sou sê die helderkleurige prentjies wat jy deesdae verf is “poenankies”, dan moet jy maar weet: dit slaag die toets-van’-n-oorlaaide-kunsmark met vlieënde vaandels! (Miskien wil jy dit maar net glo! )

Dis lekker om vrolike blymaakprentjies te verf, dis heerlike terapie. Vergete is ‘n wêreld vol negatiewe nuus, vergete is alleenheid, vergete is goor gevoelens. Die oomblik wanneer die verfkwas in jou hande land word alles beter. Regtig.
Kyk wie het intussen hul verskyning gemaak. Iewers in die wêreld tot sover as Dubai en Michigan, Amerika gaan ‘n kindergesiggie straal van vreugde by die aanskou van hierdie helderkleurige diertjies.
(Dankie, dankie vir sulke wonderlike ondersteuning en bestellings!)

My beker loop oor! Ek doen wat ek geniet. My tyd is my eie. Ek luister musiek. My hart is rustig. Ek vertrou op die Here.

Die bladsy: Happy Art, wat ek twee dae terug op facebook begin het, het al meer as 100 likes! Kom loer gerus in en “like” dit, ek gaan so bly wees! Baie dankie !
https://www.facebook.com/verfenspeel/?modal=admin_todo_tour

Trust is the glue of life


Advertisements

4 thoughts on “Poenankies!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s